Die waarde van uitreikspanne vir sendelinge


n Tydjie gelede word ek gevra om sonder n lang tyd vir nadenke  net twee kort paragrawe te skryf oor die waarde van uitreikspanne vir sendelinge.   Hier volg my twee paragrawe.  Wat sou jy skryf?

Die plaaslike bevolking het gewoonlik geen benul van die aanpassing en uitdagings wat hulle omgewing en die bediening aan sendelinge stel nie. Hulle besef nie watter eise dit finansieel, emosioneel, geestelik en fisies aan sendelinge stel nie. Wanneer uitreike dan begrip en waardering toon help dit sendelinge om te bly glo dat dit alles die moeite werd is en dat hulle nie swakkelinge of abnormaal is as hulle swaarkry of voel dat daar groot eise aan hulle gestel word nie. Die uitreik bevestig dat dit inderdaad groot eise is en dat dit nie abnormaal of “ongeestelik’ is om swaar te kry of soms moedeloos of oorweldig te voel nie.

Besoekers is nuuskierig en kyk met oningeligte oë na die werksomgewing en die bediening van die sendeling. Hulle vra “dom” en baie ingewikkelde vrae en maak allerlei opmerkings oor dinge wat hulle waarneem of nie verstaan nie. Die sendeling word gedwing om nie net antwoorde te verskaf nie, maar om ook weer met vars oë en vanuit ander hoeke na homself en die bediening te kyk. Die vrae help dikwels vir sendelinge om “blinde kolle” in hulle self of in hulle bediening te ontdek of hulle word geprikkel om na te dink oor nuwe of innoverende dinge in hulle bediening. Uitreikspanne hou dus ’n soort spieël vir sendelinge op wat hulle help om hulle self en hulle bediening op maniere te sien en te verstaan wat hulle waarskynlik nie sommer sou sien indien hulle nie gedwing was om afstand te kry of van “buite” na hulleself te kyk nie. Dit is natuurlik nie altyd ’n lekker ervaring nie en kan ontnugterend en verlammend ook wees. Tog is dit ten diepste ’n waardevolle uitkoms van uitreikspanne.

Advertisements
This entry was posted in Short term outreaches and tagged . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s